
Jou skuld. Ons passie.
Kom ons help jou!

Beheer jou skuld.
Delg dit.
Spaar.
Ons verstaan hoe vinnig dinge kan verander. Kos, brandstof, skoolgeld en ander maandelikse uitgawes raak duurder, terwyl jou salaris nie noodwendig daarmee saam groei nie. Voor jy jou kom kry, raak dit al moeiliker om elke maand alles te laat klop.
Konsolideer is hier om jou te help om weer beheer oor jou finansies te kry. Niemand wil in skuld vasgevang voel nie. Daarom help ons jou om jou skuld op ’n meer bekostigbare manier terug te betaal, terwyl daar steeds ruimte in jou begroting is vir noodsaaklike lewensuitgawes.
Deur jou skuldverpligtinge in ’n gestruktureerde terugbetalingsplan te konsolideer, help ons jou om jou bates te beskerm en steeds jou skuld verantwoordelik terug te betaal. Ons doel is eenvoudig: om jou te help om jou skuld terug te betaal sonder dat noodsaaklike lewensuitgawes elke maand eerste moet ly.
Ervare mense aan jou kant
Konsolideer vorm deel van die FinFix-groep en word ondersteun deur ’n ervare span skuldberaders wat daagliks mense help om weer beheer oor hul finansies te neem. Ons spanleier, Montana Coetzee, het meer as ’n dekade se ervaring in die industrie en bring ’n diepgaande kennis van skuldberading en die skuldhersieningsproses na ons span.
Ons weet dit is nie altyd maklik om hulp met skuld te vra nie. Daarom probeer ons die proses eenvoudig, duidelik en menslik hou van jou eerste gesprek met ons tot die dag wat jy jou laaste skuld afbetaal.
Ons is hier om te help, met meer as ’n dekade se ondervinding.
0Geniet ’n gelukkiger, sorgvrye lewe.
Onmiddelike verligting.
Met ons hulp kan jy onmiddellik minder aan jou skuld betaal. Moet nie bekommerd wees as jy agterstallig is met jou terugbetalings nie. Ons beskerm jou bates.
Verminderde terugbetalings.
Jou maandelikse skuldterugbetalings kan na 'n bekostigbare bedrag verminder word. Ons konsolideer al jou skuld in een maandelikse paaiement.
Beskerming teen regsaksie.
Konsolideer beskerm jou teen regsaksie en skuldeisers. Ons is jou betroubare middelman.
Jy kán skuldvry met 'n skoon kredietrekord wees.
Volg die proses saam met Konsolideer. Kry 'n skoon kredietrekord en 'n blink toekoms.
So maklik soos een, twee, drie.
Die aansoekproses is eenvoudig. Konsolideer kyk saam met jou of ons dienste by jou situasie pas.
Hoekom Konsolideer?
Gratis assessering.
Vul die kontakvorm in en ons kyk gratis of ons dienste by jou situasie pas.
Geregistreerde skuldberaders.
Jou finale konsultasie is met 'n geregistreerde skuldberader van die FinFix-groep.
Persoonlike begeleiding.
'n Vriendelike konsultant gaan saam met jou deur elke stap van die proses.
Konsolideer in jou taal.
Ons praat jou taal, van die eerste gesprek tot jou laaste paaiement.
Sluit só aan.
Vul die kontakvorm in. ’n Vriendelike konsultant sal jou kontak en met jou deur die proses gaan. Konsolideer sal jou kredietrekord nagaan en assesseer om te bepaal of jy vir een van ons oplossings kwalifiseer.
Sluit Aan
Jou vrae beantwoord.
Sodra jy die proses by ons voltooi en alle skuld ten volle betaal is, maak ons jou kredietrekord skoon.
Ons vra nie méér rente as wat jy tans betaal nie. Huidige rentekoerse word in meeste gevalle drasties verminder. In sekere gevalle bly die koerse dieselfde, maar word nie sommer verhoog nie.
Konsolideer.co.za vorm deel van die FinFix groep. Lees gerus van ons kliënte-resensies hier op HelloPeter.
Dit hang af wat jy kan bekostig. Hoe meer jy betaal, hoe vinniger kan jy die proses voltooi. Die algemene verbruiker betaal tussen 24-60 maande terug aan hul skuld.
Konsolideer.co.za is nie ’n kredietverskaffer nie en daarom kan ons volgens die Nasionale Kredietwet nie lenings bied nie.
Voltooi ’n kontakvorm op die webtuiste vir ’n gratis assessering. Sodra ons vasstel of jy kwalifiseer vir ons dienste sal ons vir jou ’n aansoekvorm aanstuur.
Praat met een van ons spanlede.
Die kaart word deur Google Maps verskaf en laai eers wanneer jy funksionele cookies toelaat.
Skakel ons
+27 87 537 7700Ons Kantore
Office 104, Suite 1, Cnr Alkantrand & East Block, Sanlynn Office Park, Lynnwood Rd, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Stuur 'n Epos
info@konsolideer.co.za